Onbillike ontslag: Hoe om ʼn dispuut na die KMVA (CCMA) te verwys

Onbillike ontslag: Hoe om ʼn dispuut na die KMVA (CCMA) te verwys
Wat staan ʼn persoon te doen as hy voel dat hy onbillik ontslaan is. Afhangende van die sektor/ industrie waarin die werker werksaam is, sal die persoon die Kommissie vir Bemiddeling, Konsiliasie en Arbitrasie (KBVA) en/of die betrokke bedingings kamer moet kontak. Indien die werknemer nie seker is watter sektor hy/sy in werksaam is en/of hulle onder die jurisdiksie van ʼn spesifieke bedingings kamer val nie, kan die KBVA (CCMA) telefonies gekontak word by 0861 16 16 16.
Alvorens die werknemer ʼn saak na die KBVA verwys is dit nodig dat hulle die volgende in gedagte hou:
- Die KBVA is gratis en daar is geen kostes aan verbonde om ʼn saak vir bemiddeling te verwys nie;
- Dit is nie nodig om ʼn arbeidskonsultant of prokureur te raadpleeg ten einde ʼn saak te verwys nie;
- Die blote feit dat ʼn regsadviseur die nodige administrasie doen, is nie genoegsame rede om ʼn positiewe resultaat te waarborg nie.
- Diegene wat ʼn saak na die KBVA wil verwys moet die vorm LRA 7.11 voltooi. Hierdie dokument is gratis beskikbaar by die kantore van KBVA en kan ook afgelaai word by www.ccma.org.za.
Die vorm is gebruikers vriendelik en bestaan uit slegs 5 bladsye. Persone wat probleme ondervind om die vorm te voltooi kan by die KBVA en/of die Departement van arbeid aanklop vir hulp. Dit is belangrik om daarop te let dat die vorm binne 30 dae vanaf datum van afdanking verwys moet word. Na afloop van die 30 dae tydperk sal persone vir kondonasie moet aansoek doen en die onder andere moet verduidelik, waarom die saak nie binne 30 dae verwys is nie, die moontlikheid van sukses ens.
Na voltooiing van vorm LRA 7.11 moet die persoon wat die dispuut verwys die werkgewer in kennis stel van die verwysing. Daar is verskeie maniere om die te doen deur middel van, ʼn geregistreerde bewys van die Poskantoor, erkenning van bewys deur middel van ʼn handtekening dat die werkgewer ontvangs erken het ens. Lesers word geadviseer om bloot die nodige dokumente na die werkgewer deur te faks en die teen blaadjie as bewys na die naaste kantore van KBVA saam met die vorm deur te faks.






