Sektorale vasstellings

Sektorale vasstellings
André Claassen
1 Julie 2007 is ʼn baie belangrike datum in die gasvryheid bedryf. Van hierdie datum het ʼn nuwe sektorale vasstelling vir die sektor in werking getree.
Die nuwe sektorale vasstelling vir die gasvryheid bedryf is van toepassing op alle kommersiële besighede wat akkommodasie teen vergoeding verskaf soos byvoorbeeld hotelle, oorde, wildplase, gasteplase, koshuise, bed en ontbyt geriewe, self sorg akkommodasie en karavaan parke.
Addisioneel tot besighede reeds genoem word die basiese diensoorwaardes van die volgende besighede ook deur die vasstelling gereguleer soos andere restaurante, kroeë, kantiens, tee tuine, wegneem etes, spysenierings ondernemings ensovoorts.
Ondernemings met minder as 10 werknemers sal werkers voortaan ‘n minimum loon van R 1480-00 per maand of R 7-59 per uur moet betaal terwyl groter begihede met meer as 10 werknemers voortaan R 1650-00 per maand of R 8-46 per uur moet betaal.
Die vassteling maak ook voorsiening vir werknemers soos byvoorbeeld kelners wat op kommissie werk om minimum loon te ontvang. Ekstra inkomste soos fooitjies (tips) vorm nie deel van die minimum loon nie.
Wat presies is ʼn sektorale vassteling? ʼn Sektorale vasstelling reguleer die Basiese Diensvoorwaardes binne spesifieke bedrywe.
Daar is verskillende vasstelings vir verskillende bedrywe onder andere sektorale vasstellings vir kontrak skoonmaak dienste, private sekeriteit, bosbedryf, huiswerkers, plaaswerkers, groot en kleinhandel sektor ensovoorts.
Die aspekte wat deur die sektorale vasstelling gereguleer word sluit in werkure, oortyd, die betaling van oortyd, werk op Sondae en publieke vakansie dae, etenstye, verlof, siekte verlof, verlof vir gesinsverantwoordelikheid, kraamverlof, kennis tydperke by diensbeëindiging, betaling by diensbeëindiging ensovoorts.
Sektorale vasstellings kan ten opsigte van die betrokke sektore ook werkgewers onder andere verplig om rekords aan hulle werknemers te verskaf, die betaling van reis- en werkverwante toelaes reël, minimum diensvoorwaardes vir ander persone as werknemers spesifiseer, enige aangeleentheid rakende vergoeding of ander bedinge of voorwaardes reël.
Sektorale vasstellings reguleer onder andere minimum lone in die spesifieke bedrywe en maak voorsiening vir verskillende minimum lone vir verkillende areas soos stedelike en landelike gebiede.
Sekere vasstellings verskaf voorbeelde van dienskontrakte, salaris strokies asook posbeskrywing terwyl riglyne gegee word in terme van verlof, siekteverlof en verlof vir gesinsverantwoordelikheid.
Ingevolge wetgewing moet alle werkgewers op wie sektorale vasstellings bindend is in besit van die relevante dokument wees.
Sektorale vasstellings kan verkry word van die Departement van Arbeid.




